News & Blog


2022-03-30
Goedkoper boumetodes vir jou huis in Marloth Park


Jan De Klerk en sy seun Selwyn de Klerk bedryf die besigheid genaamd Light steel Constructions reeds vanaf 1995. Die fabriek word bedryf vanuit Meyerton. Jan en Selwyn het al regoor Suider Afrika ligte staal konstruksie werke gedoen insluitende Lesotho, Mosambiek en Botswana.

Die vernaamste voordele van bou met ligte staal is dat dit 'n goedkoper en vinniger boumetode is wat byvoorbeeld baie minder instandhouding as 'n houthuis in Marloth Park sal verg. Deur 'n profesionele argitek te gebruik - Jan hulle kan vele voorstel - kan 'n pragtige estetiese huis met ligte staal gebou word soos van hierdie fotos hierby getuig. Konstruksie werke word vir 50 gewaarborg indien die werk volgens SANS gedoen word.

Cavity batten (Isolasie) Isolasie word gebruik vir die binne panele soos dit met 'n gewone huis gedoen word. Die isolasie gee vir jou 'n koeler huis in die somer en warmer huis in die winter.

Aan die buitekant kan "cladding" steeds gedoen word met hout om in te pas met die bosveldomgewing van Marloth Park.

In Suid-Afrika is die lug baie droog en daarom trek 'n suiwer houtkonstruksie , waar die raam van hout gebou is,
vinnig skeef.

Die bou met ligte staal raak 'n al hoe meer gewilde boumetode. Amper die hele Mall of Africa wat 22,000 vierkante meter beslaan bestaan uit ligte staal konstruksie.

Wanneer daar gebou word met ligte staal konstruksie is die afwerkings soos teëls, loodgieterswerk ens dieselfde as wanneer daar met tradisionele stene gebou word. Omrede daar in 'n baie korter periode gebou kan word en daar minder sand, sement en stene vermors of verlore kan raak kan daar algemeen verwag word om tot 30% goedkoper gebou kan word as met stene en sement.

Banke sal steeds finansiering toestaan vir 'n ligte staal konstruksie soos met 'n gewone baksteengebou mits die kliënt kredietwaardig is. (Die banke kyk na die jockey en nie die perd nie)

 

Vir navrae kontak Jan De Klerk op 0780307971

Of besoek hul webwerf https://lightsteelhomes.co.za/