News & Blog


2022-04-10
Leeus en Luiperds in Marloth Park


Indien jy ooit gewonder het of daar Leeus en Luiperds in Marloth Park is hoef jy nie verder te wonder nie. Daar is beslis Leeus en Luiperds in Marloth Park. Op Facebook is daar gister of die dag vantevore fotos geplaas van leeus wat met 'n dart geweer geskiet en verdoof is en waarskynlik terug na die Nasionale Krugerwildtuin is. Vir maande nou was daar gerugte van die leeus wat gesien is in Marloth Park. Die fotos wat op Facebook gedeel is het getoon dat die leeus maar baie skugter was.

Foto bo : Die manne wat die leeus in Marloth Park "gevang" het. - Foto Facebook

Intussen het die leeus - of is dit dalk soms Luiperds so 'n paar volstruise gevang, nogal van hulle in Volstruis straat in Marloth Park.

Foto bo van Facebook. Meer dikwels as anders is leeuspore - of is die Luiperd Spore? - die enigste bewys gewees van die teenwoordigheid van Leeus in Marloth Park.

Foto bo van Facebook. Dit is hoe die meeste mense 'n foto sal neem van 'n Luiperd in Marloth Park. Hulle is beslis meer skugter en versigter as die Luiperds van die Krugerwildtuin .

Dawie Fourie is 'n jarelange inwoner van Marloth Park en hy het nou 3 kort stories geskryf in Engels oor die leeus van Marloth Park wat hy sommer op Facebook gedeel het. Met sy toestemming gaan ek nou die stories soek en ook op hierdie webwerf plaas.

Lang storie kort: Daar is beslis altyd iewers 'n Luiperd in Marloth Park en wel van tyd tot tyd leeus in Marloth Park. Tensy die Nasionale regering of die bestuur van die Krugerwildtuin dit 'n absolute prioriteit maak om die grensdraad leeudig te maak sal daar altyd van tyd tot tyd Leeus wees wat die draad spring. (Hulle kruip eerder onderdeur deur die gate wat swaar reëns veroorsaak of gate gegrawe deur Vlakvarke wat gehoor het van die mense wat diere in Marloth Park voer.)

Wees maar versigtig baie vroeg die oggend, skemer en beslis in die aand wanneer jy rondloop. As jy buite braai hou gerus jou flitslig byderhand. ( Wees eerder versigtig vir die slange en skerpioene in die aand indien jy buite braai) . Dit sal 'n een keer in 'n leeftyd geleentheid wees as hulle by jou braai opdaag.